Die is n regte “chat” tussen 2 mense waat die “Bachelor” raad vra oor hoe om aartappels gaar te maak
Bachelor(17:51):
dan gaan ek jou nie nog pla nie, moet anyway my aartapllers gaan afhaal van die stoof.
dink jy dit sal gaar wees na 80 minute?
Sella(17:52):
gaar? OOR GAAR!!
Sella(17:52):
vir wat kook jy dit so lank?
Bachelor(17:52):
weet mos nie hoe lank nie
hoe lank moet dit kook?
Sella(17:52):
tot dit sag is….gewoonlik nie langer as n uur nie
Sella(17:52):
hel, lyk my rerig ek moet jou bietjie leer kosmaak
Sella(17:53):
dan sal jy dalk daarvan begin hou ook as jy dit kan doen
Bachelor(17:53):
my microwave kon nie langer as 45 minute kook nie so ek het dit 2 keer ingesit?
Bachelor(17:53):
is dit te lank?
Sella(17:53):
45+45 is te lank ja!!
Bachelor(17:54):
o ok, dan sal ek dit gou gaan stop…
Sella(17:54):
voel of dit sag is!!
Bachelor(17:54):
dis te warm om aan te vat?
Bachelor(17:54):
hoe moet ek voel?
Sella(17:55):
my magtag, vat n vurk en druk dit in die aartappel in en kyk of die vurk maklik of moeilik ingaan’
Sella(17:55):
maklik = sag en moeilik = nog hard
Sella(17:55):
maar die gaan dalk nou al verby sag wees en weer hard wees
Bachelor(17:55):
maar die aartappel is in stukke?!
Bachelor(17:55):
wat het ek verkeerd gedoen?
Sella(17:56):
hom te lank gekook!
Sella(17:56):
het jy die skil afgehaal?
Bachelor(17:56):
nee
Bachelor(17:56):
ok, kan ek die bangers in water kook?
Sella(17:56):
ja, jy kan bangers in water kook
Bachelor(17:56):
sommer in die ketel of in `n pot?
Sella(17:56):
in n pot piesang!
Bachelor(17:57):
maar die enigste pot wat ek het is in die microwave?
Sella(17:57):
jy kan nie n pot in die microwave sit nie
Sella(17:57):
jy sal sparks maak!
Bachelor(17:57):
het klaar.. dis waarin die aartappels is
Sella(17:57):
Nico, hel nee
Bachelor(17:57):
oooooo, nou verstaan ek waar die sparks vandan kom?”"£”£%”!£$%
Sella(17:58):
maak mash van die aartappels
Sella(17:58):
bangers en mash
Bachelor(17:58):
die pot het nou sulke swart merke op, is dit van die sparks?
Sella(17:58):
ek weet nie, het jy die pot n vorige keer op die plaat vergeet?
Sella(17:58):
of ook in die microwave gesit?
Bachelor(17:58):
nope, het die pot vandag gekoop?”
Sella(17:59):
ja, dit kan daarvan wees
Bachelor(17:59):
die pot was vir 90 minute in die microwave… dink jy ek het dit gebreek?
Sella(17:59):
gebreek is die mooi woord ja
Bachelor(17:59):
ai
Bachelor(17:59):
dit was `n flippen duur pot.
dit se dan dishwasher safe, toe dog ek dit kan in die microwave ook gaan
Sella(18:01):
die dishwasher het mos nie strale in nie
Sella(18:00):
is dit stainless steel?
Bachelor(18:00):
ek weet nie, dis yster
Bachelor(18:00):
Dit blink
Sella(18:00):
mens sit nie blink goed in die mic nie
Bachelor(18:01):
Ook ni foelie nie?
want ek het die aartapples eers in foelie toegedraaai soos wanneer mens dit in `n vuur sit!?
Sella(18:02):
NEE, oki foelie nie
Sella(18:02):
ek dink jy het jou mic ook gebreek
Bachelor(18:02):
jip, daars nou iets fout met die screen, en dit maak so snaakse geluid?!
Bachelor(18:03):
volgende keer gaan ek maar net vuurmaak, dis seker safer vir almal!
Bachelor(18:03):
daars seker `n rede hoekom die grotmanne op vuur kosgemaak het.
Sella(18:03):
janee hel, jy sal jou huis afbrand in n poging om kos te maak in die mic, maak liewer vuur
Sella(18:03):
is jy n grotman?
Sella(18:04):
jy sal n goeie ene wees, beter as n kok in die kombuis
Bachelor(18:04):
damn, en ek het net die naweek die nuwe microwave gekoop.
dink jy hulle sal dit regmaak. terugvat as ek se daars iets fout met dit
Sella(18:05):
as jy die waarborg het, kan jy dalk jou luck try
Bachelor(18:04):
toemaar, ek het nou maar sommer pizza bestel..
ten minste het ek getry kosmaak.
Sella(18:05):
sies!!
Bachelor(18:05):
maar stukkies van die foelie het afgespat en sit nou aan die binnekant vas.. lyk asof daar blinkertjies in my microwave is!
Bachelor(18:05):
ai toggie tog
Sella(18:06):
my gedorie waar
Sella(18:06):
het jy dit regtig gedoen?
Bachelor(18:06):
wat, pizza bestel?
Sella(18:06):
ja, dit ook, maar die aartappels in die foil in die pot in die mic?
Sella(18:06):
met foelie in die mic gaan hulle hom nie terugvat nie
Bachelor(18:07):
jip.. het jy al ooit aartapples gesien wat swart is aan die binnekant?!
eks skoon bang ek kry radioaktiewe bestraling van dit nou!
Bachelor(18:07):
is dit rerig nie hoe mens dit doen nie?
Sella(18:07):
moenie daai goed eet nie
Bachelor(18:07):
moenie lag nie, hoe moes ek weet
Sella(18:07):
hoe mens wat doen?
Bachelor(18:07):
aartappels kook
Sella(18:07):
vra!!
Bachelor(18:08):
vir wie moes ek vra.. die tannie next door was nie daar nie
Bachelor(18:08):
sy gee gewoonlik vir my van hulle oorskiet, maar ek dog ek kan vanaand self try
Sella(18:08):
ja, maar ek sou dit eerder op die stoof gekook het in n pot, dis vinniger
Bachelor(18:08):
kook mens dit met olie in die pot?
Sella(18:08):
nee, met water
Bachelor(18:08):
of botter?
Sella(18:09):
botter en olie braai jy dit
Bachelor(18:09):
Water? nee man.. dis dan `n non stick pot
Bachelor(18:09):
maar hoe braai mens dit aan al die kante as die aartappel rond is?Sella(18:10):
hehehe, ek weet nie, ekt nog nie n ronde aartappel try braai nie Sella(18:09):
is dit n pot of pan?
Bachelor(18:09):
dis `n silwer pot
Sella(18:09):
jy kan water in n non stick pot gooi
Bachelor(18:09):
ooo, ek dog mens kan nie.. dit se iets van waterless cooking?!
Sella(18:10):
wat se dit nog?
Bachelor(18:10):
waterlesss. dishwasher safe
non stick..
wat moet dit nog se
Sella(18:10):
do NOT put in microwave??
Bachelor(18:10):
nee, dit se nie so nie..
daars nie user manual saam met die pot nie, so hoe moes ek weet?
Bachelor(18:11):
en die kookboeke se ook nie..
Sella(18:11):
gewoonlik weet die een wat die pot gebruik die goed vanself
Sella(18:11):
dis nou vrouens
Sella(18:11):
of meeste vrouens
Bachelor(18:12):
dink jy ek sal darem mash kan maak van die goed?
Sella(18:12):
nee, nie as dit swart binne in is nie
Sella(18:12):
het jy nog aartappels?
Sella(18:12):
maar jy gaan mos nou pizza eet?
Bachelor(18:12):
daars net `n klein stukkie wat swart is..
en buite op die skil was daar stukke wat groen was voor die tyd, kan ek dit maar eet?
Sella(18:12):
NEE!
Bachelor(18:13):
ek kan seker daai eet, dit is nie swart nie?
Sella(18:13):
haal die skil af en sny die swart uit
Sella(18:12):
is die bangers nog rou?
Bachelor(18:13):
die pizza plek is toe vanaand..
nee, die bangers is in die ketel
Bachelor(18:13):
het mos gese ek het net een pot.
Sella(18:13):
eks bly ek drink nie by jou koffie nie
Sella(18:13):
weet jy hoe om mash te maak?
Bachelor(18:13):
daai pakkies met die poeier dan gooi jy water in?
Sella(18:14):
pakkies met die poeier?
Sella(18:14):
watse pakkies is dit?
Bachelor(18:14):
wat mens gebruik as mens gaan stap.. mash?
Sella(18:15):
o, ek weet nie van hulle nie
maar as die aartappels nou gaar is en die swart uit en die skil af….mash jy dit met n masher, gooi melk by en bietjie bakpoeier
Bachelor(18:15):
bakpoeier.. moet dit dan in die oond gaan?
Bachelor(18:16):
dink jy die aartappels is gaar
Sella(18:16):
ekt nog nooit jou koffie geproe nie? en weet nie of ek koffie wil drink nadat jy bangers in jou ketel gaarmaak nie
Bachelor(18:16):
ek maak baie keer vleis in die ketel, dis lekker vinnig?!
Sella(18:16):
bakpoeier maak die mash lig, nie koekerig om in die oond te gaan nie
Sella(18:16):
die is n genuine??
Bachelor(18:16):
o ok, sal try
hoeveel moet ek ingooi, omtrent `n koppie?
Sella(18:16):
NEE!!!!
Bachelor(18:17):
maar ek gooi dan altyd `n koppie in as ek koek bak..
Sella(18:17):
n KOPPIE bakpoeier? hoe hoog rys jou koeke?
Sella(18:19):
het jy al ooit koek gebak?
Bachelor(18:17):
hulle rys nie..
weet nie hoekom nie
Sella(18:18):
omdat jy dalk net meel ingooi en nie bakpoeier nie?
Bachelor(18:17):
o sorry, dis meel.
Bachelor(18:18):
seker, ek dog bakpoeier is optional!
Sella(18:17):
hoeveel aartappels is dit?
Bachelor(18:17):
6
Sella(18:17):
so 2 teelepels
Bachelor(18:18):
o ok..
sal gaan try nou, sodra al die rook uit die kombuis is
Sella(18:18):
haha
Bachelor(18:18):
haha jouself..
Sella(18:19):
hey, dis goed dat ek bietjie kan lag in my brake, ek moet dalk eintlik dankie se seker ne
Bachelor(18:19):
ek dink nie dis snaaks nie
Sella(18:20):
ek kan dink jy dink nie dis snaaks nie
Sella(18:20):
jyt jou nuwe microwave verloor
Bachelor(18:20):
maybe moet ek maar eerder gou pasta maak.
ek het dit nog nooit saam saam gedoen nie, maar kan ek maar die pasta by die bangers ingooi?
gewoonlik doen ek eers die pasta en dan die vleis, maar ek is so honger
Sella(18:20):
in die ketel?
Bachelor(18:20):
hoe lank moet ek dit kook… ek vra nou
Bachelor(18:21):
jip, in die ketel, dis hoe ek dit altyd doen, tot ek `n microwave gekoop het die naweek
Sella(18:21):
het jy nie n ander bak nie? dan kook jy die pasta in die microwave
Bachelor(18:21):
die mic is stukkend.. vergeet?
Sella(18:21):
nou nou ontplof die mic
Sella(18:21):
of was die pot en doen dit op die stoof
Bachelor(18:21):
die pot is geflippen buckle.. die bodem staan skoon skeef!
Bachelor(18:22):
toemaar, ek sal maar sommer net toast eet..
gelukkig werk my strykyster nog.. het jy geweet mens kan brood so toast?
Bachelor(18:23):
dit werk nogal nice, vinnig, en mens kan dit lekker squash as mens `n toebroodjie wil maak
Sella(18:25):
dalk moet jy in n toaster bele?
Sella(18:24):
stryk jy jou eie klere?
Bachelor(18:25):
nie met die strykyster nie, ek tap `n bad vol kookwater dan hang ek my klere op `n hanger en dan hang ek dit aan die tou oor die bad.. dit werk nogal goed. Mens se klere is net so bietjie klam daarna
Bachelor(18:26):
het mos die strykyster, het nie `n toaster nodig nie
Bachelor(18:26):
my vorige toaster het gebreek toe ek try toasted cheese maak, kon nie die kaas uit die binnekant uitkry nie, die ding het net aanhou rook elke keer as ek dit daarna wou gebruik
Bachelor(18:27):
weet nou mens sit eers die kaas na die tyd op.
dis ook hoekom ek die microwave gekoop het, want dan kon ek die cheese smelt in die microwave!
Sella(18:27):
Nico, daar is nie pille vir domgeit nie
Bachelor(18:27):
ten minste leer ek uit my foute uit
Sella(18:29):
hel, maar jy maak dom blapse, jy beter leer daaruit, want jy skryf elke keer iets af daarna
Sella(18:30):
toaster, mic…wats volgende die strykyster?
Recently:
- 135
- Need to sync files between PC’s or have online backups?
- Stay away from pastel
- Mygate – Customer Care
- MWEB Just Set South Africa On The Right Track
- How to keep A programmer productive
- DOVADO UMR firmware 4.0.2 – recommended upgrade
- The UMR now supports GPS
- Two Brazilian men
- DOVADO UMR 3.0.5 firmware released
